Skip to main content

Home

Maandelikse praatjies op YouTube

Ons het 'n aantal van ons maandelikse zoom-aanbiedings op YouTube. Die kanaal word bestuur deur Cornel Viljoen.

Dankie aan al ons gassprekers vir julle interessante aanbiedings wat met soveel entoesiasme gelewer is en ons toestemming verleen het om julle praatjies op YouTube te plaas.  Spesiale dank ook aan ons kykers wat altyd by ons aansluit vir hierdie vergaderings sowel as aan National dat ons hul Zoom vir hierdie aanbiedings kon gebruik.

Jy kan die lys van Praatjies op YouTube hier vind.

  • Hits: 358

eGGSA Begraafplase

Uiteindelik het ons die nuwe grafte-webwerf klaargemaak en beskikbaar gestel:  graves.eggsa.org

Met die hulp van Riana le Roux en Corney Keller het ek al die foto's na die nuwe webbediener oorgeplaas en dan, met behulp van programskrifte, al die byskrifte en beskrywings van die ou databasis na die nuwe een oorgedra. Ek kan nie waarborg dat elke item korrek gedoen is nie maar ek glo dat 98% korrek is.

Dit was nogal 'n werk!

Die foto's is nou beskikbaar gegroepeer volgens hul provinsie wat elk 'n soekfunksie het om soekers te help om die graf waarna hulle soek te vind. Ons weet dat baie van die beelde sywaarts is en ons is nou besig om dit reg te stel. Rapporteer asseblief enige ander probleme wat jy teëkom deur vir my 'n skakel na die probleem te stuur, Richard Ball

Gaan asseblief voort om enige wysigings, sowel as nuwe graffoto's, aan ons te stuur, ons sal dit so gou as moontlik aanpas, Riana le Roux 

  • Hits: 941